Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong man gestraf oor vals verklaring

’n Jong man van Strand is ’n boete of gevangenisstraf opgelê nadat hy aan meineed skuldig bevind is.

Damian Sylvester Frans (23) van Serkor-park is op 10 Desember in die Strand-landdroshof ’n boete van R2 000 of agt maande tronkstraf opgelê – dít nadat hy ’n vals aanklag van roof by die plaaslike polisiekantoor aanhangig gemaak het.

Volgens ’n Strand-polisiewoord­voerder het Frans in ’n beëdigde verklaring beweer dat dié voorval op 4 Oktober verlede jaar plaasgevind het.

Hy het glo in Hoofweg van die treinstasie na die taxistaanplek geloop toe hy kamstig deur rowers geteiken is. Frans is glo deur twee mans, van wie een met ’n mes gewapen was, genader en gedreig.

Hy het verder beweer dat die vermeende rowers hom glo van sy werksrekenaar, ’n Apple-skoot­rekenaar ter waarde van R20 000, ’n Hisense Infinity-selfoon met ’n geraamde waarde van R10 000 en ’n goue ring en halssnoer wat elk R1 500 gekos het, beroof het.

’n Op-en-wakker ondersoekbeampte het onraad vermoed toe hy die klaer se werkgewer in Brackenfell besoek het om die skootrekenaar se reeksnommer te kry en só uitgevind het dat die werk nooit vir hom ’n skootrekenaar gegee het nie.

Met verdere ondervraging het die onder­soekbeampte agtergekom dat Frans gelieg het. Daar is ook later bevestig dat die ander besittings glo naby Harmony-park gesteel is.

Luitenant-kolonel Franklin Plaatjies het die gesoute ondersoek­beampte, konst. Siyamthemba Makhanjana, bedank vir sy oplet­tendheid en puik speurwerk wat tot die inhegtenis­neming en vonnisop­legging gelei het.

Die Strand-polisie meen dié voorval moet as ’n waarskuwing dien vir ander wat vals aanklagte by die polisiekantoor aanhangig wil maak vir eie gewin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.