Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kamera help inbreker vastrek

’n Vermeende dief is danksy die samewerking van waaksame plaaslike gewapendereaksielede en die polisie aangekeer.

Die verdagte, ’n 30-jarige man, is in verband met ’n voorval wat verlede Vrydag (25 Oktober) in Lourensstraat plaasgevind het, in hegtenis geneem.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is die verdagte aangekeer nadat hy glo 12:40 Vrydagmiddag ’n woonstel op die erf geteiken het. ’n Vrou (27) wat ten tyde van die voorval tuis was, het na bewering ’n geluid gehoor en die oortreder buite gewaar. Sy het glo gedreig om die gewapendereaksiebeamptes met die maatskappy wat hul veiligheidsdienste verskaf, te ontbied. Ten spyte van die streng waarskuwing, het die vermeende dief voortgegaan om by haar tuiste in te breek.

“Die verdagte het glo ’n houtvoorwerp geneem en die venster van die deur uitgeslaan. Hy het na bewering sy hand by die opening ingesteek en die deur van binne oopgesluit. Die vrou het haar intussen in ’n kamer toegesluit en selfs die bed voor die deur geskuif as bykomende toegangsvoorkomende maatreël,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die verdagte het glo ’n skootrekenaar gebuit en gevlug.

Hy is volgens die polisiewoordvoerder Sondag 27 Oktober deur ’n gewapende­reaksiebeampte van ’n plaaslike private veiligheidsmaatskappy aangekeer en na die polisiekantoor gebring nadat die beampte die verdagte aan skermgrepe van beeldmateriaal wat verkry is, herken het.

Die polisie het aanvanklik ’n saak van huisroof aangeteken, maar dit intussen na huisbraak verander.

Die verdagte het Dinsdag in die Strand-landdroshof verskyn en die saak is tot 7 November vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.