Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders beseer toe vrou wat glo dronk ry hulle tref

Vier mense het verskeie beserings opgedoen nadat ’n vermeende dronkbestuurder hulle omgery het.

Die bestuurder, ’n 47-jarige vrou, het die gesin getref terwyl hulle Donderdag 26 September Kusweg oorgesteek het. Sy het ook drie ander motors wat geparkeer was, getref, insluitend die gesin se motor.

Volgens ’n woordvoerder van die Strand-polisie het die bestuurder uit Da Gamastraat in Kusweg ingedraai toe die ongeluk gebeur het. Die slagoffers, ’n vrou en drie kinders wat nie Helderberg-inwoners is nie, was op pad oppad na hul motor tyde van die ongeluk. Een van die kinders was glo tussen die dronkbestuurder se motor en ’n minibus wat geparkeer was, vasgepen.

Lede van die publiek het Gordonsbaai Sekuriteit na die toneel ontbied, en volgens Heyns de Waal, die bedryfsbestuurder, is hulle op pad na die toneel in kennis gestel dat kinders betrokke is en het hulle ander ambulansdienste vir bystand ontbied. “Die slagoffers het almal verspreid in die pad gelê en ons moes al twee bane afsper terwyl ons hulle gestabiliseer het. Al vier slagoffers het een of ander been as gevolg van die impak gebreek.

“Ons, tesame met Immediate en ER24-ambulansdienste, het die pasiënte in ’n konvooi na die hospitaal vervoer.”

Volgens ooggetuies op die toneel het die motorbestuurder vroeër vir ’n groot deel van die dag glo in ’n nabygeleë restaurant gesit en kuier voor die ongeluk. Sy is op die toneel op aanklag van dronk-, en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem. Teen druktyd was dit nog onbekend of die bestuurder al in die hof verskyn het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.