Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leandre al ’n jaar vermis

Die familie van ’n vrou van Macassar, wat al langer as ’n jaar vermis word, is uiters bekommerd oor haar veiligheid en versoek die publiek se hulp om haar op te spoor.

Leandre Chanel van Wyk, beter bekend as “Fiefie”, word gesoek nadat sy op 31 Januarie 2019 laas gesien is.

Volgens ’n woordvoerder van die Macassar-polisie is die 27-jarige enkellopende ma van twee verlede maand deur haar 54-jarige pa as vermis aangemeld nadat sy op die bogenoemde datum laas by die huis was. Die polisiewoordvoerder het gesê volgens die bekommerde ouer het sy dogter in Helderberg-strate, veral Somerset-Wes en Strand, gewoon en geslaap, maar wel elke nou en dan by sy tuiste in Chris Hani-park ingeloer.

“Haar pa het dit verskeie kere by die polisiekantoor aangemeld en selfs op straat navraag gedoen met die hoop om haar te vind, maar tevergeefs,” het haar oom, Nellville van Wyk, gesê.

Hy het verduidelik dat Leandre rustig van geaardheid is, maar net nie die soort mens is wat lief was om by die huis te wees nie en vermoedelik weens hierdie rede op straat was. Omdat sy ’n straatslaper was, het hy haar seuntjie van vier jaar oud aangeneem. Die oudste, ook ’n seuntjie (8), word deur haar pa versorg.

“Niemand het haar vir langer as ’n jaar nog met ’n oog gesien nie. Selfs die mense saam met wie sy gewoonlik op straat rondhang, het haar lanklaas gesien en weet ook nie waar sy is nie.

“Daar is gerugte dat sy laas saam met ’n onbekende swart man gewaar is, maar dit kon nie bevestig word nie,” het Van Wyk aangevoer.

“Ons is rasend van bekommernis en wil haar net graag opspoor – lewend of dood.”

Volgens die polisiewoordvoerder kan enigiemand met inligting wat moontlik kan help om haar op te spoor, met kapt. Andries Geldehuys by 082 469 3336 in verbinding tree.

Alternatiewelik kan Janine Marais, ’n familievriendin van die Van Wyks, by 062 799 4599 bereik word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.