Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma ná vonds aangekla van verberging van geboorte

Die ma van die pasgebore baba wat meer as ’n jaar gelede in ’n vullisdrom van ’n plaaslike woonkompleks gevind is, het verlede Donderdag (27 September) op aanklag van verberging van geboorte in die Strand-distrikshof verskyn.

Die 27-jarige vrou van Strand is deur die polisie met die oorskot verbind en is Vrydag 28 Augustus in opdrag van die direkteur van openbare vervolging aangekla.

DistriksPos het voorheen berig dat die lyk van ’n babaseuntjie, wat na bewering nakend was, op 5 September verlede jaar in ’n plastieksak in ’n vullisdrom by Strand Meadows gevind is.

Die oorskot is volgens ’n werknemer van ’n plaaslike tuindiens wat sy dienste weekliks by die woonkompleks bied, voor 09:00 daardie Dinsdagoggend ontdek.

Die werknemer het vullisdromme net ná 08:00 by inwoners se tuistes afgehaal en uitgesit. Hy is glo kort hierna deur iemand wat die rommel in die vullisdromme deursnuffel en op die lewelose liggaampie afgekom het, oor die vonds ingelig.

Die baba, wat glo sonder klere in die plastieksak gevind is, was reeds dood.

Die geskokte 40-jarige pa van vyf kinders het onmiddellik die opsigter, Karel-Heinz Kuhnel, in kennis gestel wat op sy beurt die polisie ontbied het.

Kuhnel het destyds gesê “iets so hartverskeurend” het nog nooit in die 15 jaar wat hy by die kompleks woon, gebeur nie.

Hy het by navraag aan DistriksPos bevestig dat die kompleks 46 huise het en ’n vrou of vroue is in bykans elke huishouding.

’n Strand-polisiewoordvoerder het later bevestig dat die baba met sy naelstring en nageboorte in die plastieksak gevind is. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

’n Nadoodse ondersoek het later bevestig dat die baba, wat ten volle ontwikkel was, dood gebore is.

Die ma is in ’n polisieondersoek identifiseer en opgespoor. Die polisie het beeldmateriaal van die kompleks se sekerheidskamera van tot ’n week voor die voorval noukeurig nagegaan.

Verklarings van ’n ooggetuie wat die vrou glo op die dag by die vullisdromme gesien het, is ook verkry.

Die saak is uitgestel tot 8 November.

Die beskuldigde is op waarskuwing vrygelaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.