Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma weer voor nadat baba dood gekry is

Die ma van die pasgebore baba wat meer as ’n jaar gelede in ’n vullisdrom van ’n plaaslike woonkompleks gevind is, het verlede Maandag (10 Desember) weer in die Strand-landdroshof ver­skyn.

Die 27-jarige vrou van Strand is aange­kla van verberging van geboorte en die saak is tot Woensdag 30 Januarie 2019 uitgestel.

Die jong vrou is deur die polisie met die oorskot verbind en is Vrydag 28 Au­gustus in opdrag van die direkteur van openbare vervolging aangekla.

DistriksPos het voorheen berig dat die lyk van ’n babaseuntjie, wat na bewering nakend was, op 5 September verlede jaar in ’n plastieksak in ’n vullisdrom by Strand Meadows gevind is.

Die oorskot is volgens ’n werknemer van ’n plaaslike tuindiens wat sy dienste weekliks by die woonkompleks bied, voor 09:00 daardie Dinsdagoggend ontdek.

Die werknemer het vullisdromme net ná 08:00 by inwoners se tuistes afgehaal en uitgesit. Hy is glo kort hierna deur iemand wat die rommel in die vullis­dromme deursnuffel en op die lewelose liggaampie afgekom het, oor die vonds ingelig.

Die baba, wat glo sonder klere in die plastieksak gevind is, was reeds dood.

Die geskokte 40-jarige pa van vyf kin­ders het onmiddellik die opsigter, Karel-Heinz Kuhnel, in kennis gestel wat op sy beurt die polisie ontbied het.

Kuhnel het destyds gesê: “Iets so hart­verskeurend het nog nooit in die 15 jaar wat ek in die kompleks woon, gebeur nie.”

’n Strand-polisiewoordvoerder het later bevestig dat die baba met sy naelstring en nageboorte in die plastieksak gevind is. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die lykskouing het later bevestig dat die baba, wat ten volle ontwikkel was, dood gebore is.

Die ma is in ’n polisieondersoek geïdentifiseer en opgespoor.

Die polisie het beeldmateriaal van die kompleks se sekerheidskamera van tot ’n week voor die voorval noukeurig nagegaan.

Verklarings van ’n ooggetuie wat die vrou glo op die dag by die vullisdromme gesien het, is ook verkry.V In ’n afsonderlike voorval is die lyk van ’n baba Sondag 25 November op die rotse in Kusweg, Strand gevind. Volgens ’n polisiewoord­voerder is die gruvonds deur ’n man op die strand oorkant die Wavecrest-woonstelblok in Kusweg ontdek. Die baba is met die naelstring in ’n plastieksak op die rotse aangetref.

’n Geregtelike doodsondersoek is ingestel. Die ras en geslag van die baba is steeds onbekend.

’n Polisiewoordvoerder het hierdie week bevestig dat die lykskouing die oorsaak van dood as stilgeboorte bepaal het.

In lig van die voorvalle doen Sandy Immelman, stigter van die Helderberg Baby Saver, ’n beroep op plaaslike jong vroue met ongewenste swangerskappe om van dié diens gebruik te maak liewer as om hul baba net weg te gooi. Die Baby Saver is in Augustus 2014 by Choices Crisis Pregnancy Centre in Somerset-Wes aangebring.

Die Baby Saver is ’n kluis, waarin ’n baba kan pas, in ’n muur by die sentrum en is 24 uur, sewe dae per week oop. Daar is geen kameras nie.

Sodra die baba in die kluis geplaas word, sluit die kluisdeur outo­maties en ’n sensor aktiveer ’n alarm. Vrywilligers by die Baby Saver sal dan op die alarm reageer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.