Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man gaan borgtog vra

Lee Andrew Warries (22) wat op aanklag van moord in hegtenis geneem is nadat hy na bewering sy swanger meisie se babaseuntjie in ’n beweerde skietongeluk noodlottig gewond het, verskyn vandag (Donderdag) weer in die Strand-landdroshof.

Warries staan tereg weens die moord op die eenjarige Zechariah Booysen wat Saterdag 18 Januarie sy engel­vlerkies gekry het.

Volgens ’n woordvoerder van Strand-polisie het dié voorval omstreeks 19:00 by ’n woning in Broadlandspark plaasgevind. Warries het glo met ’n vuurwapen “gespeel” terwyl Zechariah in die bad was. Die seuntjie was in die beskuldigde se sorg terwyl sy 27-jarige ma ’n familielid besoek het.

’n Skoot het na bewering afgegaan en die peuter getref.

Warries het glo kort ná die voorval met die kind uitgehardloop en ’n motor voorgekeer vir ’n geleentheid na die hospitaal. Die seuntjie het later in die hospitaal aan ’n kopwond beswyk.

Die polisie het geen patroondoppies op die toneel gevind nie en die vermeende 9 mm-vuurwapen waarmee die kind geskiet is, word gesoek.

Warries se eerste hofverskyning was Maandag 20 Januarie waar die saak tot Maandag 27 Januarie uitgestel is. Warries sal weer vandag voorkom vir ’n formele borgtogaansoek. – Jamey Gordon

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.