Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man ná bakleiery vermoor

’n Jong man het omstreeks 04:35 Sondag 2 Junie sy lewe op sinnelose wyse verloor.

Volgens inligting wat die Macassar-polisie verkry het, het Neville Plaatjies (26) glo met iemand baklei voordat hy vermoor is.

“Die verdagte het glo tweede gekom toe gaan haal hy ’n vuurwapen en skiet die oorledene. Hy het net een skoot afgevuur,” het die woordvoerder gesê.

Die woordvoerder sê die verdagte is eers hospitaal toe vir beserings wat hy in die bakleiery opgedoen het voordat hy in hegtenis geneem is.

Volgens ’n Facebook-inskrywing wat deur iemand na aan die oorledene gemaak is, het hy glo net voor die bakleiery mense uit ’n brandende opslaanhuis gehelp.

“Gister gedurende die oggendure is Neville Plaatjies, net nadat hy gehelp het by ’n huis wat in Colleen Williamsstraat afgebrand het, doodgeskiet. Hy was so ’n held; hy het deur die vlamme gegaan om seker te maak die huismense is veilig. R.I.Pmy son from another mother,” het die inskrywing gelees.

Talle boodskappe van medelye het daarna gevolg. Een persoon het geskryf: “Wat ’n lieflike jong man was hy nie, om sy lewe so tragies weg te steel van ons af . . . My hart gaan uit na sy familie en vriende, want ek het nie woorde van vertroosting nie synde my eie hart nog rou van pyn is oor my verlies. Gaan sy glimlag altyd onthou want hy was nie ’n man van baie woorde nie. RIP. Neville.”

Teen druktyd was dit onbekend of die verdagte al in die hof was, maar hy was Dinsdag 4 Junie nog in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.