Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sterf agter stuurwiel

’n Bejaarde man is Maandag (7 Mei) dood in sy voertuig in ’n parkeerplek in Hoofweg, Strand, aangetref.

Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder het die 71-jarige van Kleinmond vermoedelik weens ’n harttoestand gesterf.

Jacques Mouton, ’n werknemer by ’n bandehandelaar, vertel hy en ’n kollega het omstreeks 16:20 ondersoek ingestel nadat hy deur ’n kliënt wie se motor vasgeparkeer was, genader is.

Volgens Mouton is die man in sy motor in die parkeer­terrein aangetref.

Hy sê beeldmateriaal van die bandehandelaar se sekerheidskamera wys dat die oorledene omstreeks 16:00 met sy voertuig in die parkeerplek stilgehou het.

“Dit het gelyk of hy slaap. Maar, daar was geen pols nie,” sê Mouton verder.

Die ywerige helper vertel voorts dat hy die oorledene deursoek het vir ’n beursie met ’n ID of rybewys vir identifikasie toe hy die man se selfoon kry.

Mouton het die nooddienste gebel asook ’n kontak wat op die selfoon as wife gestoor is en die persoon daaroor ingelig het.

Ivan Greyling van GB Med Rescue het gesê noodpersoneel het omstreeks 16:25 op ’n oproep oor ’n pasiënt met ’n moontlike hartaanval reageer.

“Die man was reeds oorlede met die noodpersoneel se aankoms en is op die toneel dood verklaar,” het Greyling verduidelik.

“Die saak is aan die polisie oorhandig.

Met DistriksPos se aankoms omstreeks 17:00, het noodpersoneel en plaaslike polisielede wat ook op die voorval reageer het, naasbestaandes ingewag. Die oorledene, in ’n silwer Mercedes-Benz, is toegegooi.

Volgens die polisiewoordvoerder is geen klag aanhangig gemaak nie omdat later bevestig is dat die oorledene ’n mediese geskiedenis van ’n harttoestand gehad het.

Die familie het die geleentheid om kommentaar te lewer van die hand gewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.