Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sterf ná nog ’n messtekery

Nog ’n raaiselagtige mesdood het die week in Macassar voorgekom.

Volgens ’n woordvoerder van die plaaslike polisiekantoor is ’n 28-jarige man Maandag omstreeks 10:50 in die bors gesteek. Hy het daarna aan die wond beswyk.

“Hy is glo in Leonard Douwmanstraat in Macassar Village gesteek en het na iemand gehardloop en vertel dat hy beroof is. Hy het inmekaargesak en gesterf,” verduidelik die woordvoerder.

Niemand het gesien of gehoor wat tot die messtekery aanleiding gegee het nie.

“Die man na wie hy gehardloop het, het niks voor dit gesien of gehoor nie. Hy het eers gewis iets het gebeur toe die man voor hom staan en sê wat gebeur het,” sê die woordvoerder.

“Dis soos verlede week se steekvoorval waar ’n man in iemand anders se opslaanhuis doodgesteek is en niemand iets gesien of gehoor het nie.”

Die oorledene, Denver Hendricks, se suster sê hul familie is geruk deur wat gebeur het.

“Maar dis nie asof ons die dood in ons eie hande kan vat nie,” sê Deidre Isaacs.

“Dit was ’n groot skok vir ons familie, maar met elke dag wat verby gaan raak ons beter en sterker.”

Met ’n bewoë stem erken sy dat sy haar broer gaan mis. “Hy was my oudste broer en hy was presies soos ’n ouboeta moes wees. Hy het na my gekyk en seker gemaak als is reg met my,” sê die bedroefde suster.

Isaacs beskryf haar broer as ’n spontane en lieflike mens.

“Hy was nooit kwaad vir mense nie, ’n regte mensemens. Sy sterfte gaan ’n groot leemte in ons familie laat.”

Hendricks laat onder andere twee kinders van 11 en vyf agter.

V Die familie beplan die begrafnisdiens vir Saterdag 20 April. ’n Biduur sal Maandag 15, Dinsdag 16 en Woensdag 17 April om 19:00 vir 19:30 by die familiewoning in Leonard Douwmanstraat gehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.