Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man ‘wou meisies ontvoer’

’n Sestigjarige man is Maandagmiddag (10 Februarie) in hegtenis geneem op aanklag van poging tot ontvoering nadat hy glo jong meisies van Macassar na sy motor probeer lok het.

Volgens ’n woordvoerder van die Macassar-polisie het die verdagte ver­moe­delik ’n 13-jarige meisie, wat na ’n plaaslike winkelsentrum geloop het, geroep. Die man het glo die kind na minstens drie winkels agtervolg voor sy uit vrees weggehardloop het.

Die verdagte het daarna na bewering in die Macassar-gebied rondgery en verskeie meisies versoek om in sy voertuig te klim. Die verdagte het ook glo van die kinders R100 aangebied om saam met hom te gaan.

Nadat dié voorval in die gemeenskap bekendgemaak is, het ontstoke inwoners die verdagte aangekeer en gekonfron­teer.

“Lede van die Macassar-polisie het daarin geslaag om die verdagte uit die hande van die woedende inwoners te red. Hy is op aanklag van poging tot ontvoering in hegtenis geneem,” het die woordvoerder gesê.

“Die polisie doen ’n beroep op lede van die gemeenskap om te alle tye paraat te wees en in groepe te loop. Kinders moet altyd deur ’n volwassene vergesel word en alle verdagte aktiwiteite moet onmiddellik by die polisiekantoor aangemeld word.”

Die verdagte verskyn vandag (Donderdag 13 Februarie) in die Somerset-Wes-landdroshof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.