Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouers rou oor dood van enigste dogter

’n Macassar-egpaar is in rou gedompel nadat hul enigste kind en ma van hul twee kleinkinders in ’n skietvoorval in die dorp dood is.

Edwena Volkers (31) het Woensdag 27 Februarie nadat sy amper drie weke lank in die hospitaal om haar lewe geveg het, haar laaste asem uitgeblaas.

Volkes is Saterdag 9 Februarie in ’n skietvoorval in Chris Hani-straat in die kop gewond (“Vrou veg nog om lewe”, DistriksPos, 14 Februarie).

Volgens die polisie het dié voorval om 23:44 plaasgevind en is die omstandighede wat tot die skietery gelei het steeds onbekend.

Die oorledene se pa, Sydney Juries, vertel dat hy en sy vrou hul kleindogters van agt en 12 by hul dogter se tuiste opgepas het terwyl sy haar selfoon wat glo by iemand agtergebly het, gaan haal het.

Hy sê haar niggie het later die nuus aan hulle meegedeel.

“Toe ons op die toneel aankom, is sy reeds deur die nooddienste wat op die voorval gereageer het in die ambulans gelaai en op pad na die hospitaal,” vertel hy.

Volgens die bedroefde ouer is sy na ’n private hospitaal vervoer en later na Tygerberg-hospitaal oorgeplaas vir noodgedwonge operasies. Hy voeg by dat sy 17 dae lank aan masjiene gekoppel was en niks gepraat het nie.

“Ek is omstreeks 02:30 daardie Woensdagoggend meegedeel dat haar toestand verswak het en ons is na die hospitaal ontbied. Sy is later oorlede.”

Hy het die tragiese verlies van sy enigste kind as “erg” beskryf.

“Sy was ’n goeie, liefdevolle en saggeaarde mens.”

Die Macassar-polisie se ondersoek van ’n saak van poging tot moord duur voort. Geen verdagtes is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konst. Eric Mboniswa, by 021 857 7100 bel.V’n Begrafnisdiens vir Volkers vind Saterdag 9 Maart 09:00 in die Hoërskool Zandvliet-skoolsaal plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.