SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Pa, seun vas oor kieunette

’n Plaaslike pa en seun is verlede Woensdag (22 Augustus) vir die besit van onwettige visnette in hegtenis geneem.

Dit was nadat die mans van Strand 20 haaie en ’n kabeljou met waarskynlik groot kieunette (gill nets) in Gordonsbaai gevang het. Dié visnette word as ’n bedreiging vir die visbevolking beskou omdat alle visse deur hul kieue daarin vasgevang kan word.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het die voorval omstreeks 05:00 plaasgevind toe beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye se vissery-afdeling op die mans toegesak het.

’n Woordvoerder van die seevissery-ondersoekspan het Vrydag aan DistriksPos vertel dat hy en twee amptenare die mans se skiboot toevallig in ’n roetine-ondersoek in Harbour Island gewaar het. “Ons het ondersoek ingestel en ’n klomp sementblokke met toue en ysterklemme in ’n krat op die boot gevind. Uit ondervinding was dit duidelik iets is nie pluis nie; die sementblokke word dikwels gebruik om kieunette te anker of langlyne te span,” het die woordvoerder gesê.

“By nadere ondersoek is die haaie en kabeljou gevind met merke wat blyk dié van kieunette te wees. Ons het ook op ’n wegsteeklaai in die romp van die boot afgekom waar ons sewe opgevoude kieunette, elkeen sowat 50 m lank (altesaam meer as 300 m), ontdek het.”

Die pa en seun is deur die beamptes in hegtenis geneem en na die Gordonsbaai-polisiekantoor geneem waar hulle aangekla is.

Die polisie het op die kieunette en die vangs wat uit vaalhaaie en hondhaaie bestaan het, asook hul boot en Isuzu-bakkie, beslag gelê.

Volgens die woordvoerder het die boot ’n kommersiële lynvisvangpermit en sal die departement ingevolge artikel 28 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne ’n ondersoek van stapel stuur om die permit te verwyder of tot niet te verklaar.

Die mans, Deon (53) en Gideon Strydom (29), het verlede Donderdag (23 Augustus) in die Strand-landdroshof verskyn. Hulle is elk op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is uitgestel tot Maandag 19 November.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.