Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie in klopjag met klippe bestook

Nadat beamptes van die metro- en Macassar-polisie in ’n klopjag in Macassar met klippe bestook is, het hulle weer met versterkings teruggekeer.

Polisiebeamptes het Maandag 11 September ’n klopjag uitgevoer asook lasbriewe uitgereik nadat inwoners oor die gereelde skietery, bendebedrywighede en ander misdaad gekla het.

’n Woordvoerder het bevestig die lede is in die klopjag met klippe gegooi.

Nóg ’n gesamentlike operasie is Vrydag 14 September uitgevoer.

“Die operasie is van stapel gestuur in reaksie op die gemeenskap se pleidooi vir ’n veiliger omgewing en om die verhouding tussen sekerheidsmaatskappye en die Macassar- en Firgrove-gemeenskap te versterk.

In dié operasie is altesaam 45 mense in hegtenis geneem,” het Zelda Martin, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Die inhegtenisnemings sluit in agt vir die besit van dagga, een vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere, twee vir die besit van onwettige ammunisie en een vir dwelmhandel.

Vir openbare geweld sluit die inhegtenisnemings in 11 mense, 11 vir kwaadwillige beskadiging van eiendom en 11 vir die aanval op ’n polisiebeampte.

“Goedere gekonfiskeer was 18 stoppe dagga, ’n stuk swart heining van 3,5 m en ’n swart staalpaal, vyf patrone vir ’n 270-Winchester-geweer, twee patrone vir ’n 9 mm-pistool, vier patrone vir ’n .38-rewolwer, twee patrone vir ’n 7.65-Cevelot en altesaam 22 stoppe dagga in papier toegedraai.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.