Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie vra hulp ná moorde

Die Macassar-polisie ondersoek ’n dubbele moord nadat die lyke van ’n man en ’n vrou in ’n minibustaxi gevind is.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is lede omstreeks 01:00 Dinsdagoggend (26 November) na die toneel in Macassarweg naby ’n sandmyn ontbied nadat twee Mitchells Plain-polisiebeamptes die gruvonds gemaak het. Met die polisie se aankoms is die bebloede liggame van ’n man en ’n vrou agter in ’n Toyota Quantum met die registrasienommer CA 118060 aangetref. Die slagoffers is albei ’n kopskoot toegedien.

“Die bebloede insittendes het agter in die minibustaxi gelê. Een koeëldoppie en een koeëlpunt is in die voertuig gevind,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die identiteit van die oorledenes is steeds onbekend en die motief van die dubbele moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konstabel Eric Mboniswa, by 021 857 7108 bel.. Die Macassar-polisie vra ook die publiek se hulp met inligting oor ’n beweerde kaping waar ’n motorbestuurder ’n koelbloedige skietdood toegedien is.

Volgens die polisiewoordvoerder het die voorval Woensdag 25 September plaasgevind. Die polisie is 19:40 die aand ontbied nadat ’n lid van die publiek op die lyk van ’n man met ’n sigbare kopwond in Kramatweg afgekom het.

Die polisiewoordvoerder het gesê ooggetuies beweer die man het ’n wit Toyota Tazz bestuur.

Volgens die ooggetuies is die motorbestuurder glo deur drie gewapende mans geteiken en is hy enkele meter van ’n stopstraat in Kramatweg uit die voertuig gedwing. Die man is op die grond vasgepen en op teregstellende wyse in die kop geskiet. Sy aanvallers het glo met die voertuig gevlug.

“Die slagoffer se identiteit is steeds onbekend en die voertuig is nog nie opgespoor nie,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Mense met inligting wat die polisieondersoek kan help, kan Mboniswa bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.