Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Registreer vir jeugdatabank

Dankie Stad Kaapstad het Capaci-T Training and Development as diensverskaffer aangestel om ’n omvattende vaardigheidsdatabank van jeug tussen 18 en 35 jaar op te stel.

Die inisiatief word onder die beskerming van die burgemeester se program vir stedelike herlewing (Murp) geïmplementeer, en fokus op Macassar.

Die doelwitte van die inisiatief sluit in:. om ’n databank in te stel van die vaardighede onder die dorp se jeugdiges;. om strategieë te ontwerp om die jeug in Macassar te ondersteun en te versterk; en. om potensiële vennootskappe met die jeug te smee met die implementering van die Gemeenskapsaksieplan (CAP).

Belangstellendes kan navrae rig aan die verantwoordelike stad se projekbestuurder, Thotyelwa Nzanze, by 021 444 41454 of 071 170 8524, Denton Pieterse by 062 591 6974, of Paulus van der Westhuizen (Capaci-T) by 021 828 9318 of 083 757 5300.

Jongmense tussen 18 en 35 wat nog nie op die databasis registreer het nie, word hiermee uitgenooi om 13:00 Donderdag 7 en Vrydag 8 Maart by die Ou Civic-saal aan te meld. Neem ’n afskrif van jou ID en huidige kwalifikasies saam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.