Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun dood ná hy glo twee keer raakgery is

’n Jong voetganger is dood ná hy glo twee keer op ’n hoofverkeersweg in Strand getref is. Twee ander, wat na bewering die tienerseun te hulp gesnel is, is glo ook op die ongelukstoneel deur ’n voertuig getref.

Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder, is ’n 12-jarige seun omstreeks 19:45 Saterdagaand op die hoek van Gordons-baaiweg en Onverwachtstraat deur ’n voertuig getref. Die polisiewoordvoerder sê Jacques Clayton Messias het vermoedelik die pad oorgesteek toe hy glo deur ’n Kia Picanto gestamp is. Hy het in die pad neergeval en is toe deur twee vriende, wat saam met hom was, te hulp gesnel. “Met die pogings om die beseerde tienerseun uit die pad te help, is al drie deur ’n Nissanbakkie omgery,” verduidelik die polisiewoordvoerder.

Volgens die polisiewoordvoerder is die tienerseun glo op die toneel dood verklaar. Die ander twee voetgangers, onderskeidelik 18 en 32 is na bewering met ernstige beserings na die hospitaal vervoer.

Volgens die oorledene se ma, Mercia, van Strand, is sy deur ’n vriend van haar seun na die toneel ontbied. Sy vertel sy het van skok op die toneel inmekaargesak. “Ek kon nie glo dat dit my kind was wat daar gelê het nie. Hy was my hart se punt.” Sy beskryf Jacques as ’n stil, liewe kind.

Die bestuurder van die bakkie, wat glo onder die invloed van drank was en van die toneel gevlug het, is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Die 43-jarige man van Strand het Dinsdag vir strafbare manslag, dronkbestuur en versuim om hulp te verleen in die Strand-landdroshof verskyn. Hy is op R10 000 borgtog vrygelaat en die saak is tot Donderdag 14 September uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.