Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun steek pa glo dood oor selfoon

Die Macassar-polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n jongman na bewering sy middeljarige pa met ’n mes aangeval het.

Die oorledene is bekend as die 47-jarige Marius Kuhn. Sy 23-jarige seun is in verband met die noodlottige voorval in hegtenis geneem.

Die verdagte het gister (Woensdag) op aanklag van moord in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn. Teen druktyd was die uitslag van die hofverskyning steeds onbekend.

Volgens ’n polisie­woordvoerder het die voorval omstreeks 20:45 Sondagaand (3 Februarie) by ’n woning in Ringlaan plaasgevind.

Die aanval is glo voorafgegaan deur ’n stryery tussen die verdagte en oorledene. Kuhn het glo die verdagte daarvan beskuldig dat hy sy selfoon gesteel het. Die verdagte het dit glo ontken en ’n stryery het ontstaan. Kuhn het na bewering die verdagte met ’n bofbalkolf geslaan waarna die verdagte hom met die woorde, “jy gaan sien wat met jou gebeur”, gedreig het voordat hy padgegee het. Die man het glo later met ’n mes teruggekeer en Kuhn daarmee aangeval.

Kuhn is ’n steekwond aan die bors toegedien en is deur paramedici per ambulans na ’n plaaslike hospitaal vir mediese behandeling vervoer.

Die Macassar-polisie is oor die voorval ingelig nadat Kuhn in die hospi­taal aan sy wonde beswyk het. ’n Saak van moord is aanhangig gemaak.

Die verdagte is lat­er opgespoor en in verband met die messteek­voorval in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.