Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skietvoorval eis jongman

’n Jongman is dood en twee ander beseer in ’n skietvoorval in Strand.

Volgens die polisie is daar om 20:45 Sondagaand op drie mense wat in die voorkamer van ’n huis in Broadlandspark gesit het, geskiet. Een, ’n 22-jarige man, is noodlottig gewond.

Daar is deur ’n venster van die voorkamer op die slagoffers losgebrand, sê polisie.

Dit is in hierdie stadium steeds onduidelik hoeveel skieters daar was en wie hulle was.

“Die 22-jarige oorledene is in die agterkop geskiet en is op die toneel dood. ’n Vrou, wie se ouderdom onbekend is, is in haar linkerbobeen getref en is na die hospitaal vervoer. Die derde slagoffer, ’n man, is in sy regterarm getref en is ook hospitaal toe vervoer.

Patroondoppies en twee koeëlpunte is op die toneel gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.