Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skote klap oral; vrou getref
06 September 2018

’n Vuurwapen is verlede Donderdag (30 Augustus) in 5de Straat, Strand, afgevuur.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het die voorval in die straat voor ’n huis gebeur waar twee groepe mans glo wat op mekaar geskiet het. “In hierdie stadium is dit onbekend wie die skieters was, omdat geen van die omstanders verklarings wil aflê nie,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Agt patroondoppies is op die toneel gevind. Geen beserings is aangemeld nie.

In ’n afsonderlike voorval op dieselfde dag omstreeks 17:10 by Nazlisingel in Strand het twee mans mekaar luidens ’n polisieverklaring gejaag. Een man is in die skouer gewond. “Die verdagte het weggehardloop. Geen patroondoppies is op die toneel gevind nie,” het die woordvoerder verduidelik.

In nog ’n voorval is ’n vrou deur ’n dwaalkoeël in Flinkstraat, Broadlandspark, getref toe sy in die pad gestaan het. Luidens die polisieverslag het ’n groep mense mekaar laer af in die pad gejaag en die slagoffer het ’n skoot hoor afgaan. Sy het egter nie onmiddellik besef sy is getref nie.

“Dit was eers toe die vrou afkyk dat sy gesien het sy is in die regterhand getref en die koeël het regdeur haar hand en onder haar regterbors deur haar lyf gegaan en is agter by haar rug uit. Die slagoffer het egter nie gesien wie die skoot afgevuur het nie.”

Geen patroondoppies is gevind nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.