SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Skote klap toe

Verlede Vrydag het inwoners van Fortuinstraat in Strand letterlik wakker geskrik.

Een inwoner verduidelik hoe hy en sy vrou omstreeks 05:00 gehoor het hoe skote naby hul woning klap.

“Ek het net die laaste skoot gehoor, maar my vrou het al ses skote hoor afgaan. Ek het nog vir my vrou gesê dis seker mense wat om die draai plate kap. Maar net ná 05:00 is ons in kennis gestel van die skietery wat voor my broer se huis plaasgevind het,” het die inwoner wat anoniem wou bly, aan DistriksPos verduidelik.

Volgens inligting wat van die polisie bekom is, was ’n inwoner van Tweede-straat op pad na sy huis toe hy oplet ’n onbekende man kom by sy voorhek uitgestap.

“Hy het die verdagte met sy motor agtervolg toe dié begin weghardloop het. Toe die verdagte die hoek van Fortuinstraat en Derdestraat genader het, het hy op die inwoner se motor begin skiet. Ses skote is afgevuur. Die motor is in die linkervoorwiel, voorruit en linkeragterdeur raakgeskiet,” het ’n polisiewoordvoerder van Strand gesê.

Die inwoner het in sy motor gebuk terwyl die skote afgevuur is.

Die verdagte het van die toneel af weggehardloop.

Die inwoner het geringe beserings opgedoen, onder meer ’n skraapwond as gevolg van ’n koeël wat hom skrams getref het.

’n Nege mm-magasyn is op die toneel gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.