Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tiener vier verjaardag deur geskenke aan ander te gee

’n Plaaslike tienermeisie het besluit om nie ’n groot partytjie vir haar 13de verjaardag te hou nie, maar eerder ’n glimlag op vreemde­linge se gesig te plaas.

Linda Snyman van Strand het ’n ruk gelede besluit die haweloses verdien om meer as sy te kry en dat dit hulle beurt is om bederf te word.

Sy het haar ma, wat by Somerset-Wes-nagskuiling betrokke is, ingespan om haar droom ’n werklikheid te maak.

“Daar is soveel mense wat op straat bly wat nie die geleentheid het om hul verjaardae te vier nie en nie iets het om te eet nie,” het sy verduidelik.

Linda se ma, Marina, het gereël dat sy Donderdag 6 Desember lekkergoedboksies aan die haweloses oorhandig terwyl die nagskuiling sop uitgedeel het.

Oor Linda se besluit sê Marina: “Ek is baie dankbaar dat sy nie net vir haarself lewe nie. Sy sien ander mense se behoeftes raak en het ’n passie vir ander.”

Toe Linda die eerste boksie oorhandig, het sy gemengde gevoelens gehad. “Ek kan nie regtig die gevoel beskryf nie, maar om die glimlag op daardie mens se gesig te sien, het my baie gelukkig gemaak,” verduidelik sy.

Marina verklap dat die trane vlak in haar dogter se oë was toe sy die lekkergoed uitgedeel het.

Altesaam 50 lekkergoedboksies is uitgedeel, elk gevul met ’n koeldrank, ’n kolwyntjie, skyfies en lekkers.

Linda en haar gesin het self alles gekoop wat in die boksies was.

Linda, wat 27 Desember haar 14de verjaardag vier, is vasberade om meer betrokke te raak by liefdadigheidswerk en beplan reeds om volgende jaar nog lekkergoedboksies uit te deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.