Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tref-en-trap eis man (47)

’n Middeljarige man het Dinsdagaand (5 Februarie) in Baden Powellrylaan buite Macassar in ’n tref-en-trap-botsing omgekom.

Die oorledene is bekend as Sakhele Lango (47) van Makhaza.

Sy lyk is na bewering in Baden Powell naby Macassar-weg aangetref.

’n Sekerheidsbeampte vertel dat hy Dinsdagaand tussen 21:00 en 22:00 oor die voorval ingelig is nadat ’n kennis verby die toneel waar die man se liggaam gelê het, gery het.

Hy het hom onmiddellik na die toneel gehaas.

’n Wetstoepassingsbeampte het ook op die voorval gereageer.

“Deur die jare het ek al alles gesien, en ek het geweet wat om te doen,” het die sekerheidsbeampte gesê.

Nadat hy bevestig het dat die man nie meer asem haal nie, het hy die polisie en nooddienspersoneel ontbied.

Volgens ’n Macassar-polisiewoordvoerder het paramedici die slagoffer op die toneel dood verklaar. Naasbestaandes van die oorledene is onmiddellik opgespoor nadat ’n adres op ’n vullisdrom wat hy gestoot het, gevind is. ’n Tante het die oorledene uitgeken.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Mari Baron, by 021 857 7105 bel.

– Jamey Gordon

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.