Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
US se jazzorkes vier Mandela én US se 100ste

Die US Jazzband (jazz ensemble) hou Vrydag 11 Mei sy Eeufeeskonsert om die Universiteit Stellenbosch (US) se eeufees en oudpresident Nelson Mandela se geboortejaar te gedenk.

Dié konsert word in die Endlersaal in Stellenbosch aangebied.

Die konsert is terselfdertyd ’n hulde aan die jazzkunstenaar en politieke aktivis Hugh Masekela. Die stemkunstenaars wat by dié geleentheid gaan optree, sluit in Sima Mashazi, Babalwa Meintjies en Mynhardt Kruger.

Die ensemble staan onder leiding van Felicia Lesch en het oor etlike jare heen ’n indrukwekkende reputasie opgebou.

Die ensemble se mees onlangse uitvoering saam met Sibongile Khumalo, Gloria Bosman, Amanda Strydom en Timothy Moloi by die vanjaar se US Woordfees, is ’n klinkklare bewys daarvan.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R60 vir volwassenes en R40 vir pensioentrekkers, studente en leerders. Kaartjies sal ook ’n uur voor die vertoning by die deur beskikbaar wees.

Bel Fiona Grayer by 021 808 2358 of stuur ’n e-pos na concerts@sun.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.