Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veiligheidswagte trek kapers vas

Ses mense is ná twee afsonderlike voorvalle van kapings en goeie spanwerk in hegtenis geneem.

’n Grys Polo is Vrydag 27 September omstreeks 18:00 in De Ruiterstraat in Strand gekaap.

“Die bestuurder van die motor het twee mans en ’n vrou met ’n vuur­wapen na hom sien aankom. Hulle het om aangesê om al sy besittings te oorhandig. Een van die mans het glo aan die vrou gesê om aan die passasiers­kant van die motor in te klim,” het ’n woordvoerder van die Strand-polisie gesê.

Omstreeks 07:30 Saterdag het wagte van Gordonsbaai-sekuriteit opgemerk die motor kom die dorp van die R44 se kant af in.

“Inligting en ’n beskrywing van die motor is natuurlik gesirkuleer en ons het dit onmiddellik herken toe ons dit sien,” vertel Heyns de Waal, Gordonsbaai-sekuriteit (GBSek) se bedryfshoof.

Die gesteelde motor is agterna gesit en het heen en weer in systrate gery.

“Ons het vir bystand van die polisie asook die buurtwag gevra. Ons het die paaie afgesper en die motor in die Gants-sentrum gekry, maar die insittendes het weggehardloop.”

Intussen is hulle deur die Gordons­baai-polisie ingelig dat nog iemand ’n klag aanhangig gemaak het nadat dié slagoffer gekaap is.

“Die man se Audi is op die R44 by een van die uitkykpunte gekaap. Hy het bygevoeg dat die verdagtes ’n grys Polo gery het. Hy het die motor wat ons teruggekry het positief uitgeken. Dit was ook twee mans en een vrou wat sy voertuig gevat en ’n vuurwapen op hom gerig het.”

Hy sê hulle het sedert Saterdag na die Audi gesoek en die motor die volgende dag (Sondag 29 September) omstreeks 17:30 opgemerk toe Keppies Janeke die gebied patrolleer het.

“Hy het verby die motor Hoofweg, Strand gery. Nadat hy seker gemaak het dat dit wel die vermiste motor is, het hy bystand ontbied. Weereens het ’n jaagtog in die strate gevolg. Die motor is toe by ’n parkeerplek binne ’n kompleks in Kleinboslaan deur ’n beampte van Fidelity ADT opgemerk.”

Verder verduidelik hy hoe al die rolspelers die kompleks omsingel het terwyl lede van die Strand-polisie by die woonstel ingegaan het.

“Die sleutels van die Audi is binne gevind, asook Mandrax-tablette, ammu­nisie en die nagemaakte vuurwapen wat in die kapings gebruik is.”

Vier mans en twee vroue is in hegtenis geneem. Hulle het Maandag 1 Oktober in die Strand-landdroshof verskyn op aanklagte van kaping, die besit van ’n nagemaakte vuurwapen, die besit van gesteelde goedere en die besit van dwelms.

Die verdagtes bly in aanhouding in die Pollsmoor-gevangenis tot hul borgtogaansoek aanstaande week.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.