Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermoorde en man stry glo

Die middeljarige man wat in hegtenis geneem is vir die moord op ’n bejaarde vrou wat sedert die feestyd vermis word, het homself weer hierdie week in die beskuldigdebank bevind.

Dié 48-jarige inwoner van Casablanca se hofverskyning volg nadat hy die oggend ban Sondag 12 Januarie met die hulp van die gemeenskap deur die polisie aangekeer is.

Hy is van moord aangekla nadat ’n lyk, wat vermoedelik dié van die bejaarde Maria Wilhelmina Klaaste (60) van Allan Boesak-park is, op Nuwejaarsdag gekry is.

Die Lwandle-polisie is Woensdag 1 Januarie na die toneel ontbied nadat ’n skrootmateriaalversamelaar op die lyk afgekom het.

Polisielede het laatmiddag op die gruvonds gereageer nadat ’n skroot­materiaalversamelaar inwoners van ’n nabygeleë plaas verwittig het.

Die polisie het die lyk, oënskynlik dié van ’n vrou, in ’n vlak graf by ’n oop vlakte agter ’n vervaardiger van poliuretaan en plastiek in Broadlands-pad gekry. Die kop en bolyf was met sand en rommel bedek, maar die res van die liggaam was blootgestel. Die lyk was reeds ontbind. Die oorledene was glo in ’n wit of roomkleurige broek en ’n rooi, blou en wit bloes geklee.

Die Lwandle-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en het bevestig dat die identiteit van die lyk steeds onbekend is.

’n Soektog na Klaaste is glo voortgesit nadat sy na bewering op 23 Desember laas glo deur die beskuldigde se voormalige vriendin in sy woning gesien is.

Sy het beweer dat sy dié dag haar klere by die verdagte se woonplek gaan haal het en hy haar nie wou inlaat nie. Sy het die polisie ontbied.

Sy beweer dat sy die vrou op ’n matras in die slaapkamer gesien lê het terwyl sy vinnig haar goed bymekaargemaak het.

Klaaste se saamwoon-maat het haar glo Donderdag 2 Januarie by die polisie as vermis aangemeld.

Klaaste se familielede het glo vir Felicity Nduzule, ’n Casablanca-boorling en gemeenskapslid, Vrydag 10 Januarie oor die verdwyning genader en om hulp gevra om haar op te spoor.

Nduzule het die Vroue in Aksie-beweging en die polisie ingespan. Die polisie het dieselfde dag nog uitgekom en lt.kol. Franklin Plaatjies het belangrike nommers gegee sodat hulle die polisie kan inlig wanneer die verdagte, wat soggens vroeg die huis verlaat en laat terugkeer het, opdaag.

Die verdagte is vroeg Sondag­oggend aangekeer en na die polisiekantoor geneem vir ondervraging wat gelei het tot die uitwysing van die plek waar die lyk begrawe is. Ná sy inhegtenisneming het die verdagte ’n bekentenis afgelê. Hy het beweer ’n onderonsie het tussen hom en Klaaste ontstaan. Hy het gesê hy het haar lyk in ’n vullisdrom gelaai en vervoer tot waar hy haar begrawe het.

Die moordverdagte het gister (Woensdag 5 Februarie) weer in die Strand-landdroshof verskyn. Die saak is egter uitgestel tot 17 Februarie en hy bly in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.