Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier mans in hof oor aanvalle op fietsers

Vier mans se borgtog is teengestaan in die aanrandingsaak teen twee fietsryers twee weke gelede.

Elize Janse van Rensburg is Woensdag 14 November van haar fiets gegooi en haar bekkenbeen is op twee plekke gebreek, asook haar stuitjie.

Dié voorval het net voor 06:00 in Gordonsbaaiweg gebeur toe sy en haar medefietsryer verby ’n gebied gery het wat berug is vir aanvalle.

Volgens Wimpie van der Merwe het die polisie glad nie by die toneel opgedaag nie en is hy glo by die polisiekantoor gesê dat daar niemand beskikbaar is nie.

Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder bet hulle die volgende oggend omstreeks 02:00 vier mans in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Verder sê die woordvoerder die mans sal weer Donderdag 6 Desember in die hof op aanklag van roof verskyn.

Janse van Rensburg is baie bly vir die inhegtenisnemings.

“Dis goed dat sulke voorvalle op só ’n manier aangespreek word. Dit help ’n mens om minder soos ’n slagoffer te voel. So iets laat ’n mens magteloos voel en wanneer daar sulke stappe geneem word teen verdagtes, herstel dit ’n bietjie van die mag wat ’n mens verloor. Ek is ook bly dat hulle nie borgtog gekry het nie.”

Sy sê ook dat sy heeltyd gebid het dat reg sal geskied, maar wil weet waarom daar nie ’n klag van aanranding by hul saak is nie.

“Ek voel die aanranding is die belangrikste aspek wat daardie oggend gebeur het. Hulle het net met een selfoon weggekom. ’n Mens kan selfs sê dit was ’n poging tot moord.”

Janse van Rensburg sterk tans by die huis aan en sê die sterk pynpille wat sy gebruik laat haar soms voel asof sy gereed is om weer op haar fiets te klim, maar sodra die pille uitgewerk is, besef sy dit gaan nog ’n rukkie neem voor sy weer kan fietsry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.