Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vriendin in hegtenis geneem

Die Strand-polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n voorval van huishoudelike geweld die lewe van ’n man geëis het.

Die 43-jarige man van Gustrouw is deur sy vriendin in die bors gesteek. Hy het aan sy wond beswyk.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het die voorval Maandagmiddag (2 Julie) plaasgevind. Die voorval is glo voorafgegaan deur ’n woordewisseling wat in ’n bakleiery ontaard het. Die vriendin (34) het in die stryery haar kêrel met ’n skerp voorwerp in die linkerkant van die bors gesteek.

“Die gewonde man is omstreeks 15:00 deur paramedici wat op die voorval gereageer het na die hospitaal vervoer. Hy is om 17:40 in die hospitaal oorlede,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die vriendin is deur die polisie vir moord in hegtenis geneem.

Volgens die oorledene se oom het die paartjie vroeër die dag saamgekuier en ’n stryery het ontstaan nadat hulle teruggekeer het na hul tuiste.

“Hulle was jare lank in ’n verhouding en het al sowat agt jaar saamgebly. Die tweetjies het gereeld gestry, soveel so dat die bure al gekla het. Hy was al verskeie kere in die hospitaal ná sy hom gesteek het. Hierdie keer het hy dit nie gemaak nie,” het die oom bygesê.

Die omstandighede wat tot die stryery gelei het, is steeds onbekend. Die vriendin gaan moontlik binnekort ’n bekentenis aan die polisie maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.