Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou ná aanval gehelp

Besonderhede rakende die beweerde aanval op ’n vrou wat Sondag (3 Februarie) by ’n vulstasie ingestorm het om hulp, is steeds vaag.

Inligting dat ’n vrou in Gordonsbaaiweg, Strand, naby die Total-vulstasie met ’n mes aangeval is, het Sondagaand op sosiale media versprei.

Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder is geen saak geregistreer nie.

Die bestuurder van die vulstasie het gesê hulp is aan die beseerde vrou gebied nadat sy omstreeks 17:00 by die geriefswinkel ingestorm het. Die bestuurder het gesê beeldmateriaal van hul sekerheidskamera toon hoe die vrou van ’n systraat oor die pad gehardloop het voordat sy deur petroljoggies te hulp gesnel is.

Volgens haar is die vrou nie by die vulstasie aangeval nie. Die beeldmateriaal bied ook nie duidelikheid oor die beweerde mesaanval nie. Sy het verduidelik dat die vrou gereeld daar verbystap en moontlik geweet het sy sou hulp kry as sy by die vulstasie aanklop.

Sy is glo ’n voormalige werknemer van Total.

“Ons het onmiddellik die paniekknoppie gedruk en ons sekerheidsmaatskappy telefonies ontbied. Die polisie het binne minute op die voorval gereageer,” het die bestuurder gesê.

“ ’n Kliënt het noodhulp op die vrou toegepas en paramedici het haar na ’n hospitaal vervoer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.