Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Willem is die bonsai-redder!

“Dis ’n groot eer om so ’n gesogte prys te ontvang. Wanneer ’n mens uitgesonder word, is daar egter ook baie ander mense wat gehelp het om alles moontlik te maak. Sonder Babylonstoren en ander lede sou dit onmoontlik gewees het.”

Aan die woord is Willem Pretorius van Boland Bonsai Kai in Stellenbosch, wat pas die Forbidden Branch-trofee van die African Bonsai Association (ABA) ontvang het.

In sy motivering vir die prys skryf Jonathan Cain, president van ABA, dat die inwoner van Somerset-Wes ondanks die inperking weens Covid-19 fisiek uit sy pad gegaan en 128 erfenisbonsai van die botaniese tuin in Stellenbosch gered het, wat waarskynlik nie sou oorleef het nie. “Die trofee word aan hom toegeken vir die verskuiwing en beskerming van die SA Bonsai-erfenisversameling.”

Die hele operasie is van stapel gestuur nadat die kurator van die botaniese tuin, Donovan Kirkwood, op 23 Maart laat weet het dat die tuin weens die virus gaan sluit en dat hy “nie kan verseker dat die bonsaiversameling veilig en lewend gehou sal kan word oor die volgende weke en moontlik maande nie”.

Dit sou ’n ramp vir die gewilde Suid-Afrikaanse Bonsai-erfenisversameling gewees het wat ’n groot toeriste-aantrekking vir Stellenbosch is.

“Soos die geluk dit wou hê, was ek en Ernst van Jaarsveldt van Babylonstoren op pad om rotse te gaan soek toe die nuus breek. Dit was vir my heeltemal onaanvaarbaar dat ’n deel van ons erfenis aan die genade oorgelaat gaan word.

“Ek het hom gebel en gevra of Babylonstoren kan help en hy en Liesl van der Walt het dadelik ingestem. Ons het die vragmotor wat vir die rotse bestem is, ingespan en die volgende dag 128 bonsais by die tuin gaan laai en na die plaas geneem.

“Ek, die span, en ds. Johan Morkel, Louis Roos van Mooiplaas en ons voorsitter, Henk van Graan, het die bome tot die einde van Augustus versorg en deurgetrek. Dit was ’n spanpoging van mense wat ons erfenis op die hart dra,” sê Willem.

Die Forbidden Branch-trofee het ’n interessante geskiedenis. Die agtste Wêreldkonvensie van Bonsai is in April 2018 by Saitama City buite Tokio in Japan gehou. Hannes Fritz van Suid-Afrika is gekies om aan ’n baie ou Jenewerboom, wat deur die Japannese meester Masahiko Kimura ontwikkel is, te werk.

Kimura het Hannes aangesê om nie ’n spesifieke tak van die boom met sy herontwerp te verwyder nie. Dit het Hannes gepla omdat die tak nie by sy ontwerp ingepas het nie.

Sy dilemma was om Kimura se wens te eerbiedig of in sy eie talent te glo. Hannes het laasgenoemde opsie gekies en die tak verwyder.

Daardie tak is teruggebring Suid-Afrika toe en is nou die gesogte Forbidden Branch--trofee en verteenwoordig die Afrika-styl en die gees van bonsai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.