The Tank-galery by Stellenbosch Hills op die R310, open dié jaar met ’n unieke kunsuitstalling met die tema Milieu.
Die kunswerke is verteenwoordigend van die sosiale, ekonomiese en geografiese landskap waarin ons bestaan.
Die uitstalling het gister (Woensdag 1 Februarie) geopen.
Van die deelnemende kunstenaars is Strijdom van der Merwe, Lyn Smuts, Robert Domijan, Louritha Saayman, Elizabeth Miller-Vermeulen, Nanette Ranger, Fawa Conradie, Brahm van Zyl en Juria le Roux.
Die uitstalling sal vir die maand van Februarie te besigtig wees.
Die galery is weeksdae van 10:00 tot 17:00 oop en van 10:00 tot 15:00 Saterdae.
Vir meer besonderhede, kontak Fawa Conradie by fawa@netactive.co.za of 082 458 6922.