Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Capitec – lankal nie meer ’n klein bankie nie

Die vraag op baie se lippe is of Capitec veilig genoeg is vir hulle geld. Baie mense dink ook dat die bank slegs fokus op lae-inkomstegroep, wat baie ver van die waarheid is.

Capitec het reeds vir Nedbank en FNB verbygesteek as Suid-Afrika se derde grootste bank ten opsigte van populasie (kliënte), waar Standard Bank steeds die leier is met ABSA tweede, Nedbank vierde en FNB vyfde. Die bank se kliëntebasis het gegroei met 18% tot 7,9 miljoen aktiewe kliënte.

Een van die grootste faktore in die toename van kliënte is die eenvoud van hul produkte en die verwagting is dat Capitec se markaandeel net verder sal styg in gewone bankwese. Dit is wel so dat Capitec ’n verhoogde risiko het as gevolg van hul mikroleningsgedeelte, maar hierdie risiko word baie goed bestuur. Dit wil egter voorkom asof die bank stadig maar seker weg beweeg van hierdie gedeelte en groter begin fokus op die tradisionele bankwesesektor.

Die groot banke sukkel om met Capitec direk te kompeteer. Capitec segmenteer nie sy kliënte volgens inkomsteprofiele nie. Alle dienste word onder ’n standaard handelsmerk/produk aan alle inkomstegroepe aangebied. Sodoende is ’n baie laer oorhoofsekoste- struktuur nodig om hulle kliëntebasis te diens. Tradisionele banke daarenteen het baie hoë kostebasisse nodig om hul kliënte se behoeftes te akkommodeer. Hierdie is waarskynlik nie ’n permanente kompeterende voordeel nie, maar het vir Capitec jare se voorsprong bo die kompetisie gegee.

As ons bloot kyk na die aandeelprys van die vyf groot banke oor die afgelope 10 jaar, het Capitec die ander banke baie ver geklop. Capitec se aandeelprys staan tans net so oor die R700. Ja, die bank is baie duur ten opsigte van prysverdienste, maar dit was nog altyd duur en sal waarskynlik ook nog vir lank duur bly.

As jy my moet vra, is Capitec duidelik ’n bank om in aanmerking te neem wanneer jy besluit om ’n rekening oop te maak. Capitec se bankkoste is steeds die goedkoopste van al die banke. As gevolg hiervan is die bank baie goed geposisioneer om verder markaandeel te wen. Onthou, daar is ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking wat nie aan bankdienste blootgestel is nie. Indien werkloosheid afneem namate die ekonomie verbeter, gaan daar baie nuwe mense wees wat ’n bankrekening moet oopmaak, en Capitec sal waarskynlik die eerste keuse wees.

Indien jy self jou aandeleportefeulje bestuur, is dit dalk tyd om te kyk watter aandeel vir jou werk en wat nie. Capitec is steeds ons voorkeuraandeel in die banksektor.

Die skrywer besit aandele in Capitec.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.