Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Is besluitneming net vir base?

Of besluitneming net vir base en bestuurders is, is ’n vraag wat net in konteks beantwoord kan word.

In ’n weermag is die antwoord meestal “ja”. In die politiek behoort dit meestal “nee” te wees – dis natuurlik in ’n demokratiese bedeling.

In besigheid is dit egter “ja” en “nee”. Op grond van my ervaring as besigheidsafrigter hang dit af van die ervaring, volwassenheid en kennis van die personeel in die maatskappy.

Dit is die mening van Reinhard Moors, ’n lewensafrigter van OuterBox Thinking wat in die verskaffing van bestuurshulp aan ondernemings spesialiseer.

“Hoe hoër die vlakke, hoe minder is dit nodig vir die bestuurder om al die besluite te neem, maar as werknemers nie genoegsame ervaring of kennis van ’n veld het nie, is dit dwaas om daardie verantwoordelikheid aan hulle oor te laat.

“Daar is, aan die ander kant, niks meer steurend vir ’n ervare en bevoegde werknemer as om die hele tyd net bevele te ontvang en nie toegelaat te word om deel te neem aan die besluitnemingsproses nie.

“Daar is ’n direkte korrelasie tussen die vlakke van betekenis wat werknemers in hul werk ervaar en die mate van outonomiteit, dus die vlak waartoe ’n mens toegelaat word om besluite te neem en verantwoordelik­-heid daarvoor te aanvaar. Hoe hoër die vlak van outonomiteit, hoe hoër is die ervaring van betekenis in die werk. Outonomiteit is natuurlik net een van die faktore,” verduidelik Moors.

Volgens Moors is nog ’n bepalende faktor die ouderdom van die maatskappy self.

“In die beginfase van die ontstaan van ’n besigheid is stelsels, prosedures en prosesse nog nie gestandaardiseer nie. Dit is dikwels nodig vir die bestuurder of eienaar om die meeste besluite self te neem.

“Maar namate dit in plek kom, kan besluitneming gedesentraliseer word. Indien die besluitneming nie in dié stadium gedesentraliseer word nie, beperk dit die groei van die maatskappy. Die insig van ’n paar ervare mense is altyd beter as die wysheid van een.

“Dus is die antwoord op die vraag nie so eenvoudig nie – die omstandighede is die bepalende faktor,” meen hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.