Die matrieks van 2018 van Hoërskool Grabouw sal vir meer as een rede onthou word.
Nie net spog dié skool met ’n 100%-slaagsyfer nie, maar hy is ook die enigste skool in die Overberg wat dié slaagsyfer behaal het.
Daarbenewens kan minstens 90% van die matrieks van 2018 vanjaar vir tersiêre studies inskryf, met 23 uit die groep van 40 matrieks wat vrystelling vir ’n baccalaureusgraad het.
Karla Groenewald en Charles Klaasen is die toppresteerders met onderskeidelik gemiddeldes van 76,4% en 73,6% en sal vanaand (Donderdag) by die prysuitdeling saam met ander toppresteerders vir hul prestasies vereer word.
Die skoolhoof, Herold Bezuidenhout, sê hoewel daar deur die jaar hard gewerk is, het hulle steeds nie ’n 100%-slaagsyfer verwag nie.
“Ons is natuurlik baie bly. Dit was absoluut ’n spanpoging tussen leerders, ouers, onderwysers en die beheerliggaam.
Hy sê buiten die goeie prestasies het die matriekklas “iets wonderliks” vir die skool gedoen.
Bezuidenhout verduidelik die matrieks het op hul laaste skooldag in gewone klere skool toe gekom en hul skoolklere aan die skool se klerebank geskenk.
. Die Groenberg Sekondêre Skool het vanjaar ’n 78%-slaagsyfer behaal. Die skool se toppresteerder was Jade Hamman wat ’n gemiddelde van 83% behaal het met vyf onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde.