Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Arende wys hul staal

Die wintersportspanne van Hoërskool Strand en Hoërskool Charlie Hofmeyr het Vrydag 4 en Saterdag 5 Mei in ’n sportdag kragte gemeet.

Die skole se rugby-, hokkie-, netbal- en muurbalspanne het op die sportvelde en -bane van Hoërskool Strand (Arende) mekaar die stryd aangesê. Die Arende se eerste rugby-, hokkie- en meerbalspanne het in al hul wedstryde geseëvier.

Op die rugbyveld het die tuisspan twee wedstryde gewen, drie verloor en in twee gelykop gespeel. Die o.19A-span het hul opponente ore aangesit danksy ’n driekuns van Chesswille Schamboua.

Ondanks die finale telling van 32-19, was dit ’n taai stryd wat tot die laaste minuut nog deur enige span gewen kon word. Die tuisspan was een punt agter op die telbord en het, met net 10 minute oor, twee mooi drieë gedruk om die wedstryd te beklink. Cheswille, wat as speler van die wedstryd aangewys is, het 22 punte tot sy span se totaal bygedra.

Die Arende se o.19B-span het goed afgesit teen hul Charlie Hofmeyr-opponente, maar die besoekers het in die eerste helfte reeds 17 punte aangeteken. Keagan Jacobs het kort voor rustyd ’n drie in die hoekie gedruk om sy span ietwat hoop te gee, gevolg deur ’n drie deur Campbell Steward.

In die tweede helfte het Wian van Deventer in die laaste 15 minute van die wedstryd langs die kantlyn af genael om ’n mooi drie vir sy span te druk en die telling gelykop 17-17 elk te maak.

Die spanne het tot die bitter einde bly veg, maar nie een van die spanne kon verdere punte aanteken nie.

Die o.19C-kragmeting het gesorg vir groot opwinding, met die Strand-manne wat 11 drieë teenoor sy opponente se drie gedruk het in sy 67-19-oorwinning.

Hoërskool Strand se o.16A-span moes met 5-18 die knie buig, terwyl Charlie Hofmeyr se o.15A-span ook te sterk was vir sy Arende-eweknie in sy sege van

0-17.

0-17.

Die o.14A-spanne se wedstryd het op 29-29 geëindig en die besoekers se o.14B-span het met 7-25 geseëvier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.