Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Berge plaas hul hoop op uitspeel

Helderberg het die knie in ’n halfeindstryd Saterdag 29 September op City Park 36-24 teen Primrose gebuig.

Primrose was op die dag die span wat die oorwinning die graagste wou hê, en verdien die oorwinning en bevordering terug na Superliga A waaruit hulle ’n jaar gelede geskop is.

In die ander halfeindstryd het Paarl met Bellville klaargespeel en dit beteken Paarl sal ná meer as 20 jaar terugkeer na Superliga A.

Helderberg en Bellville sal Saterdag 11:30 op Nuweland uitspeel om te bepaal wie teen die 13de Superliga A-klub, te wete NTK, via bevordering of nie in 2019 sal speel.

Die wedstryd het goed vir Berge begin en met ’n skrum naby Primrose se lyn het die skrumskakel, Bokkie Carstens, vinnig skoongemaak en deur die hande van sy losskakel, Marshall Douman, het die senter Kyle Wessels deurgesnel vir die openingsdrie. Douman se doelskop is suiwer; 7-0 vir Helderberg.

Primrose het egter vinnig geantwoord – eers met ’n strafdoel en toe met ’n verdoelde drie (7-10). In die 25ste minuut het ’n strafdoel van Douman die telbord gelyk getrek (10-10).

In die 32ste minuut, van ’n lynstaan naby Primrose se lyn, het die flank Chris Barnes besit gewen en oorgeduik. Douman het weer met die doelskop – van die kantlyn af – geslaag (17-10).

In die laaste beweging voor rustyd het Primrose ’n sagte drie gedruk en die doelskop het die telling weer gelyk getrek (17-17).

Die tweede helfte het aan Primrose behoort. Drie agtereenvolgende drieë, twee daarvan verdoel, het hulle ’n voorsprong van 36-17 en ’n doodsekere sege gegee. Berge se verdediging in hierdie helfte was beroerd, maar hy het tog met ’n kragdrie deur sy skitterende vaskopstut Dehan Kruger afgesluit.

Die betroubare skopvoet van Douman het die eindtelling 36-24 gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.