Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Besoekers te sterk vir Berge

Soos verwag was Victoriane te sterk vir Helderberg in Saterdag 2 Maart se vriendskaplike wedstryd by die Charles Morkel-stadion in Strand.

Tog het die tuisspan met eer uit die stryd getree en drie drieë teen ses vir die eindtelling van 17-38 gedruk. Vics was met rustyd 5-17 voor en het met goeie ondersteunende spel beïndruk. Helderberg se regtervleuel, Husim Hanekom, het kort voor die omdraai in die hoek gedruk.

In die tweede helfte het Berge eers onder druk geswig en twee drieë weens swak afronding afgestaan. Helderberg het egter nie gaan lê nie en teruggeslaan met twee skitterende voorspelerdrieë. Eers het die flank Dua Groenewald gedruk en die losskakel, Kyle Leibrandt, het verdoel, waarna die groot slot Chris Carstens gaan druk het.

Die besoekers het die laaste sê gehad met ’n sesde drie om die eindtelling tot 17-38 te neem.

Van die uitblinkers vir Helderberg was sy binnesenter-aanwins, Jason Kriel, en sy linkervleuel, Kyle Wessels. Voorlangs het sy lostrio, die agtsteman Brevan Titus, Groenewald (flank) en die flank en kaptein, Chris Barnes, groot indruk met hul harde spel gemaak. Die vaskopstut, Dehan Kruger, was waarskynlik sy span se beste voorspeler, terwyl die slotpaar Carstens en Kassie Oosthuizen hul beste teen hul baie groter teenstanders gegee het.

In die hoofvoorwedstryd tussen Strand-rugbyklub se eerste span en Berge se tweede bestes was die besoekers heeltemal te sterk vir die tuisspan. Strand se agterspelers was puik en het nege keer agter die doellyn vir ’n oorwinning van 12-55 gaan kuier.

Die besoekers se driedrukkers was die vleuel Logan Thomas (2), die senter Sydney van Niekerk (2), die vleuel Wesley Josephs, sy heelagter, Sadley Bonza, sy skrumskakel, Kyle Sauls, en sy losskakel, Malcolm Alois. Alois het ook met vyf doelskoppe geslaag.

Thomas en Van Niekerk was hul span se groot uitblinkers. Vir Helderberg het sy agsteman, André le Roux, en senter Romeo Jantjies agter die doellyn gaan kuier en losskakel Mornay Jonkers het een verdoel.

Ander uitslae: Helderberg III 12, Strand II 33; Helderberg Crusaders 26, Strand III 19; Helderberg o.20’s 29, Strand o.20’s 7.

Saterdag (9 Maart) speel Helderberg gasheer vir Villager FC in nog ’n opwarmingswedstryd. Die dag se program lyk so:

A-veld . 12:45 – Helderberg o.20’s vs. Villager o.20’s;. 14:00 – Vroue: Boland vs. Dolphins. 15:30 – Berge II vs. Villager II. 16:45 – Berge I vs. Villager I

B-veld . 12:00 – Vroue: Boland o.18 vs. Dolphins o.18. 13:30 – Berge III vs. Villager III.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.