SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Bobaas staanroeier ry suksesgolf

’n Ywerige staanroeier van Strand maak golwe met sy puik prestasies en vinnige opgang in dié watersport.

Henco Scholtz (17), wat bekend staan as die koning van die branders wat titel ná titel inryg, is nog een ryker. Dié tiener het die gesogte titel as DistriksPos se Let’s Play-sportster van die maand vir Oktober losgeroei nadat hy onlangs sy nasionale kleure verwerf het met uitsonderlike prestasies in vanjaar se nasionale staanroei­kampioenskap [Stand-up Paddle Boarding SUP Durbs Pro en SA SUP Surf Championship] wat van 13 tot 15 Julie by New Pier in Durban gehou is.

Henco is as die wenner aangewys in die branderry- en resiesafdeling, wat tegnies en langafstand in die o.18-ouderdomskategorie insluit, en het die titel as SA staanroeikampioen verower.

Hy is gevolglik gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig as lid van die junior staanroeispan vir mans in die tegniese resies in die internasionale branderryvereniging (ISA) se staanroei-wêreldkampioenskap van 23 November tot 2 Desember in Riyue-baai, China.

Henco is die eerste o.18-branderryer wat die land se vlag by die kampioenskap sal dra.

“Die prestasies is een stap nader aan my droom om die wêreldkampioenskap te wen,” sê Henco.

Die gr.11-leerder aan Hoërskool Strand vertel dat hy in 2009 deur sy vriend, die talentvolle Dylan Frick (23), aangeraai is om branderry as sport op te neem. Frick, ook ’n plaaslike inwoner, is as die 2018-SA staanroeikampioen in die oop afdeling vir mans aangewys en is onoorwonne in vanjaar se staanroei-resies-reeks. Henco vertel voorts, nadat Frick hom die vaardigheid van staanroei­branderry geleer het, het dié nuutontdekte passie, wat anders as gewone branderry is, hom verplig om dié sport op te neem.

Sy eerste kompetisie was die 2015-Longboard Classic wat hy as deelnemer in die o.18-ouderdomgroep baasgeraak het.

Henco is ook lid van Boland se o.18-branderry-span.

Hy vertel dat hy in elke kompetisie in die Kaap deelgeneem het voordat hy in 2016 die titel as junior SA staanroei-kampioen beklink het.

“Dis lekker wanneer ek in die water is; dis asof ek net kan chill. Soos ander mense passievol oor rugby of oefening is, is ek gaande oor my sport,” vertel Henco.

Sy ma, Alana, meen hy lewe in die water en vertel dat hy van kleins af eerder as om met maatjies te speel, ure by die strand wou deurbring.

Henco verskerp sy vaardighede op die water met die hulp van die biokinetikus Philip Nel en ure se uitdagings wat talle rondtes op die roeiplank insluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.