Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Bulldogs gereed vir ‘byt’

Hoërskool Parel Vallei se rugbyspanne gaan vanjaar met die topskole in die Westelike Provinsie se skoleliga kompeteer.

Die Bulldogs gaan teen taai en gesoute skole te staan kom en die veggees wat sinoniem is met sy gelukbringer sal sterk navore moet kom.

Die skool, wat in 2014 slegs vyf rugbyspanne geregi­streer het, spog vanjaar met nege spanne en ’n vierde o.19-span sou die teen­standers op dié dag ’n vierde span hê.

Hierdie historiese seisoen gaan baie uit PV tap, maar met die voorseisoen wat reeds afgeskop het vir die Bulldogs, is die spelers beslis op die regte pad om ’n paar bordjies te verhang.

Thinus Pienaar, wat aan die stuur van rugbysake by Parel Vallei is, het goeie rede om baie trots op sy spelers te wees; nie net dié spelers wat vanjaar in die Premier B-liga sal deelneem nie, maar ook dié wat die weg gebaan het vir die groep van 2019.

“Parel Vallei-rugby is sedert Oktober 2018 reeds met ’n afseisoenprogram besig,” spog ’n trotse Pienaar. “Altesaam 20 eerstespanspelers van 2018 is weer beskikbaar en daar is reeds vroeg in Januarie proewe gespeel. Ons het ’n groep van 26 manne aangewys vir die Hoër Landbouskool Boland se rugbydag wat aan die begin van Maart plaasvind.”

Pienaar, wat ook breier van die skool se o.19A-span is, word deur ’n gedugte en besonders ervare afrigtingskorps ondersteun:. o.14A-span – Jonathan Schenk (hoofafrigter) en Neil Daniels (assistent);. o.14B-span – Hugo Cloete (hoofaf­rigter) en Jan Pretorius (assistent);. o.15A-span – Leclue Visser (hoofafrigter) en Charlton Cloete (assistent);. o.15B-span – Ivan Kotze (hoofafrigter) en Johandre Labuschagne (assistent);. o.16-spanne – Johan de Kock (hoofafrigter) en Jacques du Plooy (assistent);. o.19C-span – Alvino Isaacs (hoofafrigter) en Dean Williams (assistent); . o.19B-span – Beau Schoeman (hoofafrigter) en Jaco Venter (assistent);. o.19A-span – Thinus Pienaar (hoofafrigter), Angelo Fritz (assistent) en Piet Fassen (tegniese spesialis).

“Ek is bitter opgewonde oor die spelers se huidige fiksheid- en kondisioneringsvlakke,” voeg Pienaar by. “Ek is baie trots op ons afrigtings­groep.”

Die groep sluit twee voormalige klubhoofafrigters in: Beau Schoeman en die nuutaangestelde Charlton Cloete sal baie bydra tot die spelers se vaardigheid.

Schoeman is reeds ’n paar seisoene deel van die PV-rugbyfamilie en was voorheen een van Helderberg-rugbyklub se eerstespanafrigters.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.