Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Fluitjieblaser na N-Seeland

Anso Kemp, ’n inwoner van Strand en oudleerder aan die Hoërskool Strand, het van Vrydag 15 tot Sondag 17 Junie as skeidsregter van die eindrondes van die Brutal Fruit-netbalreeks opgetree.

Kemp, die bemarker by Hoërskool Strand, het as skeidsregter in die halfeindstryd tussen die Jaguars (Gauteng) en die Flames (Noordwes) opgetree, asook in die bronsmedalje­wedstryd tussen die Flames en Crinums (Vrystaat).

Sy is genooi om by die Pent Series in Windhoek, die Africa Qualifiers in Zambië en die Diamond Challenge as skeidsregter op te tree, maar moes die uitnodigings van die hand wys as volg van belangrike gebeure by die skool in daardie tyd.

Kemp gaan wel by die jaarlikse nasionale senior netbalkampioenskap in Port Elizabeth as skeidsregter optree, en sal in Oktober die fluitjie in die Constellation Cup tussen Australië en Nieu-Seeland blaas.

Dié wedstryde vind in Hamilton en Wellington, Nieu-Seeland, plaas en Kemp sal daar al haar vaardigheid en opleiding moet inspan om die regte en blitsige besluite voor duisende toeskouers te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.