Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Grabouw troef Elgin in T20

Die eerste span van Grabouw-krieketklub het sy T20-veldtog met ’n oorwinning teen sy bure Elgin-krieketklub afgerond.

Die spanne het Saterdag 20 Februarie op Pineview-park in Boland-krieket se Overberg-T20-kompetisie mekaar die stryd aangesê.

Die besoekers het eerste gekolf en het maar gesukkel om ritme te kry en enige merkwaardige vennootskappe te bou. Dit was te danke aan knap boulwerk deur die Grabouw-boulers dat die Elgin-kolwers aan die einde van die 16de beurt almal vir net 88 lopies uitgehaal is.

D. du Toit (17) was die enigste Elgin-kolwer wat bietjie weerstand teen die tuisspan se boulwerk kon bied. Enrico Oosthuizen (4-0-30-4) en Rustin Stevens (4-1-13-2) het goeie vorm met die bal gevind en het die Elgin-kolwers laat les opsê.

In sy beurt het die Grabouw-kolwers die lae teiken met gemak gejaag en die teiken sonder moeite gehaal. Die openingskolwers, Griswald Hess (34) en Ralton Joseph (34), het uit die staanspoor aggressief gekolf totdat Hess, die span se kaptein, op die grens deur ’n Elgin-veldwerker uitgevang is.

Die vennootskap tussen Joseph en Oosthuizen (22) het daartoe gelei dat die Grabouwers die wedstryd aan die einde van agt boulbeurte, met die telling op 92/1, met nege paaltjies beklink het.

Vir die besoekers het net Du Toit (2-0-32-1) ’n noemenswaardige bydrae met die bal gelewer.

Hierdie naweek (Saterdag 9 Februarie) reis Grabouw na Kleinmond om met die tuisspan kragte te meet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.