Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Helderberg-stut maak naam

Helderberg-rugbyklub begin sy seisoen met goeie nuus. Dehan Kruger, vaskopstut van die klub, is in die Westelike Provinsie-rugbyspan opgeneem.

Terwyl dit vir hom en die klub ’n groot eer is, sal die klub waarskynlik vir ’n groot deel van die seisoen sonder hom moet klaarkom.

Die amptelike opening van die seisoen vind Donderdag 20 Februarie van 19:30 by die klubhuis plaas. Almal is welkom om dit by te woon.

Die klub se senior proewe het Saterdag (8 Februarie) plaasgevind en die volgende spelers het die oog gevang: Jurgen Dorfling (voorspeler) van Bloemfontein, Nico Etzebeth (flank) van Hamiltons, Lyle Gelant (vleuel) en Nizaar Roos (senter) van Tygerberg, Gerrie le Roux (haker) van Pukke, Duanne Philander (haker) van St. George’s, Jonathan Schenck (vaskopstut) van Maties, Lappies Terblanche (stut) van Amerika en Werner en Waylan Williams (losvoorspelers) van Macassar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.