Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Helderberg weer op die wenpad

’n Verswakte Helderberg-span het Saterdag 1 Junie in ’n Superliga B-wedstryd in die Charles Morkel-stadion genoeg gedoen om Belhar sy derde nederlaag in ses rondes toe te dien.

Berge moes sonder die Carstens- broers, Bokkie (senter) en Chris (slot), asook sy agsteman, Brevan Titus, klaarkom, maar het steeds met vyf drieë teenoor vier (31-24) geseëvier.

Maklik was dit egter nie.

Die tuisspan was vinnig van die merk af toe hy sy eerste drie in die vyfde minuut gaan druk het. ’n Vinnige bal van Marhsall Douman (skrumskakel) na Kyle Leibrandt (losskakel) het Jason Kriel (senter) vir die openingspunte oorgestuur. Leibrandt het maklik verdoel (7-0).

’n Stukkie briljante individuele spel deur Berge se heelagter, Ryan de Wee, het tot sy span se tweede drie gelei toe hy ’n Belhar-skop op die halflyn raak­gevat, vorentoe geskop, opgevolg en besit herwin het om in die hoekie oor te duik. Leibrandt het van die kantlyn af verdoel (14-0).

Van die volgende inskop af het Belhar dadelik met ’n drie deur sy slot ge­ant­woord. Die doelskop het die telling 14-7 gemaak. Die res van die eerste helfte het sonder verdere punte verloop sonder dat een van die spanne die lyn kon breek.

Die besoekers het vier minute nadat die wedstryd hervat is, gelyk getrek met ’n goeie verdoelde drie (14-14).

Vyf minute later, ná sterk spel deur die voorspelers, het Helderberg se los­kop­stut, Martin Oosthuizen, in die hoe­kie gaan druk (19-14). Skaars twee minute later het Belhar in die oorkantste hoek gedruk (19-19). Nog vier minute later, met die besoekers met mening op die aanval, het Belhar die eerste keer die voortou geneem met nog ’n onverdoelde drie (19-24). Ses minute later, met Helder­berg se voorspelers in beheer, het sy haker, Alberto Steyn, se drie en Leibrandt se doelskop die voorsprong herwin (26-24).

Kassie Oosthuizen, debutant op slot, het in die 35ste minuut die wendrie in die Castle-hoekie gedruk ná aanhou­dende optel-en-dryf-spel deur die voorspelers (31-24).

Dit was ’n spanpoging soos min, maar die voorry, Oosthuizen, Dehan Kruger en Steyn, kan uitgesonder word. Die losspelers het ook hul kant gebring, maar niemand was beter as die jong flank Naym Jansen nie.

Agterlangs was Douman skitterend in sy vyftigste ligawedstryd vir die eerste span en die senters Kriel en Kotze ’n inspirasie, met die vleuels Kyle Wessels (later op heelagter) en Kyle Erasmus deurgaans gevaarlik.V Ander uitslae:– Helderberg II 13-16 Belhar– Helderberg III 45-10 Belhar– Heldeberg o.20 61-0 Belhar o.20– Crusaders 7-7 Valsbaai

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.