Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
HS Strand se o.19 A-span keer onoorwonne terug

Die o.19A-krieketspan van Hoërskool Strand het die skoolvakansie die agtste keer aan die KFC-krieketfees in Mosselbaai deelgeneem.

Dit was een van die suksesvolste toere wat ’n span van die skool nog onderneem het en een van “eerstes” vir dié Helderberg-skool. Vanjaar het die HS-kolwer Henco Stofberg, die eerste keer ’n honderdtal aangeteken, die bouler Guillaume Jansen het die eerste keer vyf paaltjies ingeoes en die span het die heel eerste keer onoorwonne ná die toer teruggekeer.

In hul wedstryd teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein het die Arende ’n briljante 293 lopies in 45 boulbeurte aangeteken – die hoogste telling die afgelope 30 jaar. Stofberg, met ’n briljante 102 lopies van 81 balle, het die boulers van Bloemfontein moedeloos gehad. Sy beurt het vier sesse en 13 viere ingesluit. Hy is baie goed deur Marinus Roux bygestaan (60 van 59 balle).

Sentraal is daarna vir 104 lopies uitgeboul. Roux (2/1), Jansen (2/8) en Damian Jacobs (2/10) het die grootste skade aangerig. Strand het die wed­stryd op indrukwekkende wyse met 189 lopies gewen.

As gevolg van die reënerige omstan­dighede is die wedstryd teen Hoër­skool Brackenfell oor 20 boulbeurte beslis. HS het in sy kolfbeurt 93/5 aangeteken. Die kolwers het die telbord met uitstekende hardloopwerk aan die rol gehou. Stofberg het onder moeilike omstandighede 23 lopies aangeteken.

Brackenfell se gedugte kolwers is daarna tot 58/8 beperk. Jansen het 5/7 in vier boulbeurte ingeoes – ’n bril­jante boulvertoning en ook ’n per­soon­like mylpaal vir hom. Jacobs (2/10) het hom goed bygestaan en HS het die wedstryd met 35 lopies beklink. Die wedstryd teen Hoërskool Sentraal van Beaufort-Wes is na slegs twee boulbeurte weens die reën afgelas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.