Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ses drieë in eerste helfte wen die stryd

Helderberg het Saterdag 6 April ’n goeie begin gemaak in sy 2019 Superliga B-veldtog, met ’n oortui­gende sege van 47-29 oor die nuwe­linge Busy Bees.

Hoewel die tuisspan met die omdraai met 40-10 in algehele beheer was, het Busy Bees se vars bene in die tweede helfte dié helfte 7-19 gewen.

Dit was definitief ’n wedstryd met twee verskillende helftes. Busy Bees is beslis nie ’n span om te onderskat nie.

Binne vyf minute het die besoekers op hul doellyn ’n skrum laat val en ’n strafdrie is aan Helderberg toegeken (7-0). Vier minute later het Busy Bees die telling gelykop gemaak met ’n verdoelde drie (7-7).

In die 15de minuut wen Berge ’n lynstaan en die bal beweeg lyn af vir sy buitesenter en kaptein Jason Kriel om die doellyn oor te steek. Sy losskakel, Kyle Leibrandt, se doelskop is suiwer (14-7).

Drie minute hierna is dit weer so toe die binnesenter, Bokkie Carstens, die verdediging op hom trek om Kriel oor te stuur vir sy tweede drie (21-7). Gou reageer Busy Bees met ’n strafdoel (21-10).

’n Skerp lopie deur Leibrandt loop uit op ’n puik drie deur sy heelagter Ryan de Wee. Wéér slaag Leibrandt met die ekstras (28-10).

Die skrumskakel, Marshall Douman, maak vinnig skoon van ’n vaste skrum naby die besoekers se lyn en Lei­brandt sny deur vir ’n onverdoelde drie (33-10).

Net voor die rustydfluitjie blaas, gaan die vaskopstut, Dehan Kruger, oor ná ’n sterk stormlopie. Leibrandt voeg die doelskop by en Hel­derberg loop 40-10 voor.

Sowat ses minute ná die hervatting in ’n beweging tussen Leibrandt en De Wee druk Carstens sy span se sewende drie en Leibrandt se suksesvolle doelskop rek die telbord na 47-10. Plaasvervangers stroom op die veld en dit maak die wêreld se verskil vir Busy Bees.

In die laaste 25 minute gaan druk Busy Bees drie keer om ’n bonuspunt te verdien en die eindtelling 47-29 te maak. Agterlangs het Kriel, De Wee, Bokkie Carstens en Leibrandt die oog gevang, terwyl die agttal in beheer was en in alle fases die toon aangegee het.Ander uitslae: tweede span 21-29; derde span 64-14; o.20-span 48-14; en Crusaders 20-0.V Saterdag 12 April ontvang Helderberg vir Rangers en Vrydagaand reis die Crusaders na Brackenfell.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.