Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Boorgate sink is ‘roekeloos’

Eerstens wil ek baie dankie aan DistriksPos sê vir die prysenswaardige veldtog!

Waterbesparing behoort ’n lewenstyl te word soos ons krag spaar, herwinning toepas en omgewingsvriendelik probeer leef.

Waterbesparing behoort ’n prioriteit by een en almal, selfs die besigheidsektor en die hotelbedryf te wees. Wat help dit dat die gewone huishoudings hul rug breek, maar oral anders word daar nie gepoog om water te spaar nie.

Hier verwys ek spesifiek na stortkoppe wat water bespaar, teenoor die luukse soorte wat jy orals vind; gimnasiums sowel as openbare storte by swembaddens en sportklubs kan hier ook ’n groot bydrae lewer.

Kinders en huishulpe moet bewus gemaak word van eenvoudige besparing, soos byvoorbeeld, dat hul nie warmwaterkrane se water moet laat loop terwyl daar gewag word tot die water warm is nie. Hulle moet dit eerder vang en vir iets anders gebruik. Daar behoort geen – maar geen – water ooit weg te loop uit die kombuis of badkamer nie. Alles kan dan uiteindelik na die tuin gaan.

Wat tuine betref is daar baie wat gedoen kan word. Ons het nog altyd in ’n waterskaars land gewoon, so maak waterwys tuin. Parelvalleiweg lê vol boombas, versamel dit. Dit is iets wat ons so pas gedoen het – en dit is gratis. Jy sal ook help met opruiming vir die munisipaliteit en dit lyk mooi in jou tuin.

Moenie nou eers wakker skrik en kla oor die droogte nie – aanvaar dit. Dit gaan nie weer verander nie want daar is te veel mense wat roekeloos met ons kosbare waterbronne werk.

Dit bring my dan ook by my laaste punt waaroor ek baie sterk voel: die boorgate wat nou oral gesink word, is roekeloos, onverantwoordelik en selfsugtig. Maak nie saak of jy die geld daarvoor het nie, die ondergrondse watertafels daal ook.

Vir ons, as ouers, is dit net soos om ons kinders maniere te leer ook nodig om hulle bewus te maak van waterbesparing.

Dieselfde geld ook vir ons huishulpe en tuinhulpe.

Annelene Gentle,
E-POS

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.