Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Teenstand teen Cansa Relay for Life onbegryplik

Ek en my gesin neem binnekort aan die Cansa Relay for Life deel. Dit is iets waaroor ons baie passievol is aangesien ons oor die laaste paar jaar familie en vriende verloor het wat dood is aan kanker.

Om ’n pa of ma, kind of broer of suster, vriende te sien ly wat gediagnoseer word met kanker is hartseer en traumaties. Om hierdie mense te sien veg teen kanker is ’n inspirasie vir elkeen van ons.

Die moed om elke dag op te staan en aan te gaan is nie iets wat almal kan doen nie, die behandeling takel hulle af. Maar hulle doen dit en veg vir hul lewens, ouers veg vir hul kinders se lewens.

Dokters en wetenskaplikes bestee jare daaraan om geneesmiddels te vind teen verskillende kankers.

Jaarliks word die Cansa Relay for Life regoor die land gereël om geld in te samel vir kankernavorsing. Dit is ’n opoffering om dwarsdeur die nag hierdie aflos-stap ten bate van kankernavorsing vol te hou. Uit die aard van die projek is dit nodig om deelnemers aan te moedig en wakker te hou deur musiek en ander aktiwiteite gedurende die aand van die aflos aan te bied.

Om dié rede vind ek dit onverklaarbaar waarom iemand so selfsugtig sou wees om nie toestemming te gee vir so ’n lofwaardige projek nie, weens moontlike rusverstoring.

Ons versoek u vriendelik om u nagrus op te weeg teen die groot opoffering van kankerlyers en dié wat wel die siekte oorwin het, en hulle gesinne en vriende wat hierdie prysenswaardige geldinsamelingsprojek ondersteun.

Die geld wat op hierdie wyse ingesamel word, kan eendag dalk vir u tot voordeel wees.

Renette Oosthuizen,
STRAND

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.