Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Brendan gesels oor sy lewe en fees
Brendan Peyper

Die heel eerste Helderbergfees is om die draai. Tamsyn Jantjies het met Brendan Peyper, ’n voormalige Strand-inwoner en oud-Arend, gesels oor die fees wat volgende naweek plaasvind.

Wat het jou laat besluit om ’n sanger te word? 

Ek was van kleinsaf blootgestel aan alle instrumente en goeie musiek, my hele familie is ongelooflik musikaal en die gogga het my gebyt toe ek my eerste kitaar gekry het. Ek was vyf jaar oud en die passie het net bly groei.

Watter soorte instrumente bespeel jy? 

Ek kan basics doen van tromme, baskitaar, banjo en bietjie klavier, maar die instrument wat ek elke dag meer en meer wil bemeester en ’n groot liefde voor het, is die kitaar – elektries en akoesties.

Wat is vir jou die lekkerste van om ’n sanger te wees? 

Om rond te toer na die verskillende dele van die land en nuwe mense te ontmoet. Dit raak lekker wanneer die mense jou ondersteun.

Hoe het jy gevoel toe jy jou eerste album uitgereik het en toe jy verlede jaar vir twee toekennings genomineer is? 

Dit is ’n baie rewarding gevoel en dit laat ’n mens voel dat jou lang ure, harde werk en opofferings uiteindelik besig is om vrugte af te werp.

Wat doen jy om te ontspan ná ’n lang dag of ’n optrede?

Ek is baie lief daarvoor om ’n trippie plaas toe te maak of selfs na die Krugerwildtuin om net van die stadsgeraas weg te kom en te ontspan.

Skryf jy jou eie liedjies en wat inspireer jou om te skryf?

Ek skryf my eie liedjies en kry ook hulp van my platemaatskappy. Ek leer baie by my mentors, Kosie van Niekerk, Ernst Kleynhans en Niel Schoombee. Ek kry my inspirasie by alledaagse gebeurtenisse en dinge wat ’n impak op my emosies het.

Wat is jou dryfkrag, wat motiveer jou om voort te gaan om jou drome te bewaarheid?

Net die idee dat God aan my die gawe gegee het om te sing en mense te kan vermaak, is genoeg dryfkrag vir my om te bly streef na my grootste scary-ste drome.

Is daar enige groot planne aan’t kom wat jy met ons wil deel?

Ek gaan aan die einde van die jaar saam met Tropika Island of Treasure na Maledives en ek sien ook uit na die Matriekbootreis saam met Leah en Finesse in Desember.

Waarna kan feesgangers uitsien met jou optrede by die Helderbergfees?

Is jy opgewonde om weer bietjie in die Strand te kom kuier? Ek is altyd opgewonde om in die Strand te kuier. Ek gaan baie van my nuwe album se treffers sing en ook liedjies uit die vorige album. Die feesgangers kan gerus hul dansskoene inpak.   

* Brendan sal Vrydag 20 Oktober om 15:30 die eerste afskop doen na aanloop tot die sewes-rugbytoernooi, waarna hy om 21:00 die verhoog sal inneem om aanhangers verder te vermaak.

Die fees word by die Charles Morkel-stadion in Kerkstraat, Strand, gehou.

Feesgangers kan ook uitsien na optredes deur Leah, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf en Vernon Barnard sowel as ander jong en opkomende kunstenaars. 

Behalwe die musiekprogram sal daar ook kuns en kunsvlytstalletjies, ’n wyntent met gratis wynproe en ’n biertent met ’n kuierplek wees. Daar sal ook ’n teetuin en spesiale speelterrein vir kinders wees.  ’n Poppekas en springkasteel sal verder vermaak verskaf.

Daar word ook ’n sewesrugbytoernooi saam met die fees aangebied. Talle verblyfopsies is beskikbaar vir feesgangers wat wil oornag, met ’n pendeldiens tussen Stellenbosch en Strand. Toegang tot die fees is R120 (per dag) of R150 (naweek) en kaartjies is by Webtickets beskikbaar. Agente in verskeie dorpe verkoop ook kaartjies.

Al die inligting is op die webwerf www.helderbergfees.co.za beskikbaar. Gaan like ook hul Facebook-blad, Helderbergfees 2017, vir die jongste nuus.

Twee gelukkige DistriksPos-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die fees wen. Om in aanmerking te kom, SMS jou naam, kontaknommer en die naam van enige van die kunstenaars wat by die fees gaan optree, na 34421 voor Maandag 16 Oktober om 14:00. SMS’e kos R1,50.

Meer oor:  Brendan Peyper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.