Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
‘Dans van die liefde’ neem jou op diep reis

Dans van die liefde is ’n verhaal wat jou op ’n prikkelende reis neem – ’n reis van liefde en hoe ’n mens dit uitbeeld en verstaan.

Die teks van hierdie Afrikaanse produksie is geskryf deur Arnold Lacock, met die lirieke deur Adrian Mellema.

Lacock en Mellema het vroeër vanjaar ontmoet en hul passies laat saamsmelt.

Lacock se monoloog, Dans van dieliefde, is dagboekinskrywings oor die liefde wat ’n man in sy leeftyd ervaar en die vraag laat vra, “Wat is die Liefde?”. Mellema het die liriek geskryf en getoonset, en sing al 16 liedjies wat in die produksie opgevoer word – liedjies wat hierdie man se emosies deur sy lewe en liefdeservarings bevestig. Diep, emosioneel, prettig en aangrypend.

Die bekendstelling van Dans van die liefde word op 29 November om 19:00 in die nuwe Music Technology-ateljee gehou.

Vir inligting, skakel 082 649 5436 of e-pos aminitiatives@outlook.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.