Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Karlien verklap ’n paar ‘geheimpies’

Jy is die oudste van drie kinders. Wanneer en waar is jy gebore? Ek is op 21 Desember 1985 in die Paarl gebore.

Aan watter skool het jy gematrikuleer? Ek het my skoolloopbaan aan die Hoërskool Brits voltooi.

Het jy altyd geweet dat jy ’n musikant wil word? Nee, ek’t nie altyd geweet ek wou ’n sanger wees nie; ek wou baie, baie graag drama gaan swot, maar my pa was daarteen gekant. Toe gaan studeer ek vir ses maande bemarking, maar ek’t opgeskop ná ek besef het dat ek my pa se geld mors. Ek het nie belanggestel in wat ek gedoen het nie.

Wat was die eerste liedjie wat jy geleer het? Die eerste liedjie wat ek op kitaar leer speel het is Engel van Karen Zoid.

Watter musikale herinneringe koester jy? My ma het baie vir ons kitaar gespeel; my pa ook. My pa het baie vir ons Neil Diamond se liedjies gesing in die huis. My pa het die vermoë om, as hy wakker word, uit volle bors ons almal wakker te sing.

Het jy al enige groot glipse gehad tydens optredes? Ja, ek het al ’n paar gehad. Ek het al ’n paar keer my eie liedjies se woorde vergeet, dan moet ek vinnig woorde opmaak. Ek kan dan sien die mense in die gehoor weet sommer dis nie die regte woorde nie. En ek het ook al geval oor ’n draad – op die verhoog! Dit was beslis nie lekker gewees nie.

Wat was vir jou die hoogtepunt in jou loopbaan en persoonlik? My hoogtepunt in my loopbaan was my en my broer se realiteitsprogram, In Jou Skoene op Via. Dit was die lekkerste ding wat ek al in my lewe aangepak het. Op ’n persoonlike vlak, is dit my seuns se geboorte.

Deel iets wat niemand van jou weet nie. Ek is eintlik ’n ontsaglik private mens en glad nie die persoon wat mense my uitmaak om te wees nie.

Waarsonder kan jy nie lewe nie? Ek kan nie sonder my seuns nie; hulle is beslis my grootste geskenk.

Wat motiveer jou? My geloof in die Here, my pragtige twee seuns en die liefde in my lewe.

Wat dryf jou teen die mure uit? Mense wat oordeel en skinder as hulle nie weet wat die waarheid is nie. Mense wat leuens oor ander versprei.

Wat is jou groot droom? As dit God se wil is, om my gesin uit te brei en nog lank ’n musiekloopbaan te kan hê. Ek hoop om dit te doen waarvoor ek lief is.

Waarna kan die gehoor uitsien tydens jou optrede in die Strand? Wel, ek het vir amper drie maande afgevat, so julle gaan die eerstes wees wat weer ’n show van my sien. Ek is tans besig om my nuwe show te beplan, so ek is opgewonde en hoop om almal daar te sien! Ek bring ook ’n verrassing saam . . .

  • Karlien se vertoning by Springbok Blues-teater begin om 20:30 en die deur open om 19:00. Vir nadere inligting of om jou plek te bespreek, skakel 021 854 7787.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.